[ Log In ]
HyperLink HyperLink HyperLink HyperLink    
  • Dis ongelooflik om te dink ons is nou 10 jaar oud!

    Dit voel of ons nou-die-dag die eerste Klopjag show in die UNISA Klein Teater gedoen het... Dit was Woensdag 13 Februarie, 2002.

    Ons het op 13 Februarie, op ons verjaarsdag, hierdie mylpaal op 'n groot manier gevier, met 'n allemintige konsert in die Atterbury Teater hou... meer hier

    Dit is een om nie te mis nie en ons gaan weer die pad stap saam met ou-bekendes en geliefdes vanuit ons tien jaar op die paaie.


  • Op Maandag 13 Februarie 2012 - Enetjie om te onthou!

    Baie dankie vir almal wat daar was, dis 'n eer om na 10 jaar steeds sale vool te maak... Dankie ook vir Miles en Lucinda wat kom saam speel het!

    Hier is foto's van die affêre geneem deur Nico Strydom:
    'n Paar Kiekies van Klopjag10

    Hier is 'n 39sekonde video van die gedoente:
    Dankie in 39sekondes

  • Ons wil deel wees van jou wêreld.

    "Like" asb ons Facebook Page en volg ons op Twitter as jy wil weet waar en wanneer ons speel en dans...


  • Sedert die einde van 2009 doen ons gereëld vertonings saam met die ikoniese skrywer Dana Snyman.

    Ons eerste vertoning was getiteld Baby as ek verby ry...* en het vol sale getrek by kunstefeeste en teaters regoor die land...

    Na die sukses van die eerste produksie het Klopjag en Dana weer saam gespan vir 'n tweede keer met Hier huil jy net twee keer...* Laasgenoemde produksie is reeds gekeur om om deel te wees van die KKNK-en Woordfeesprogramme en beloof om weereens die gehore met Dana se stories en ons musiek te betower. 
    * Aangebied in samewerking met 
    Regie deur Salmon de Jager.

  • Klopjag is:

    Marie-Louise Pretorius:Tjello, klavier en vox
    Morne Bam:Baskitaar //    volg hom op Twitter
    Dawie de Jager:Kitaar en vox
    Sallas de Jager:Kitaar, bekfluitjie en vox
    Werner Griesel:Dromme en perkussie //    volg hom op Twitter
    John-Henry Opperman:Kitaar en vox //    volg hom op Twitter

  • Bespreek klopjag nou vir 2012

    Ons is stadig besig om ons kalender in te vul vir 2012 en indien jy wil hê dat Klopjag by jou funksie,fees of bedrywigheid te siene moet wees, is dit beter om nou dadelik vir ons 'n e-pos te stuur na besprekings@klopjag.co.za om te verseker dat jou datum - JOU DATUM bly...

    Dit is steeds vir ons 'n voorreg om te doen wat ons doen en ons sal graag by jou stad/dorp/plaas wil draai.