by Johnas
17. February 2012 12:05

Klopjag was ietwat senuagtig om Klopjag10, 'n viering van 'n dekade-lange projek, op 'n Maandag-aand in die Atterbury teater op die planke te sit. Daar was die vrees dat die saal half-vol (of half-leeg) sou wees en bo-en-behalwe dít, dat die veeleisende skedule van die repetering ons sou inhaal in 'n tyd waar ons almal baie bedrywig is in ons professionele lewens weg van Klopjag. Om ses mense se dagboeke te orkestreer is nie maklik nie... Om dit vir 10 Jaar te doen, nou ja...
Maar wanneer ek na hierdie foto kyk weet ek al ons hoop en vrese wat deur die onbekende voorafgegaan word, is in die meeste gevalle klein belaglikhede. Vir 10 Jaar lank het ons, wanneer ons oorweldig gevoel het vir mekaar aangespoor met hierdie woorde: "If you build it, they will come" (Field of Dreams) En ek weet dat as daar net 20 mense by die teater was op 13Feb sou ons nog steeds dieselfde show gegee het en 20 mense sou kon deel in ons vreugde en dankbaarheid. As mens mooi daaroor dink maak dit nie regtig saak nie, maar die feit dat daar 400 mense was wat die mylpaal saam met ons wóú deel, maak my en die res, baie dankbaar.
Ons sien opnuut uit om ons volgende lewensjaar by die horings te pak en as daar 'n groot klip in die pad gerol word te sê:"I see what you did there... Check hierdie move."
Baie dankie almal.
by Johnas
6. February 2012 19:30
Vraag 10: Jou eie vraag - jou eie
antwoord...
Johnas vra:
Wat weet ek nou wat ek nie in 2002 geweet
het nie?
Ek weet nou dat dit baie beter is om 'n paar mense diep te raak met iets wat jy sê, sing of skryf vs. om duisende mense se wenkbroue te lig in die verbygang...
Marie vra:
Waar is my gunsteling vakansie plek?
Buffelsbaai!
Sallas vra:
Hoekom wag John-Henry altyd tot op die
nippertjie voor hy emails stuur?
Want hy kan!!!! :)
Daaf vra:
Watter Klopjag-huis was die mees
Rock&Roll-ste van die 3?
Ek dink die huis in 27 ste Laan was verseker die mees Rock&Rollste van die lot!
1. Daar was `n great view! (Dit was bo teen `n berg).
2. Ons swembad het `n wipplank gehad!
3. Dubbel verdieping huis waarvan ek en Werner ons eie 1ste vloer gehad het!!!
4. Dit het gespook!!!
5. Wembad-Rugby...
Die Man vra:
Are you gonna eat that?
Nee, regtig.. Gaan jy?
Bam vra: ...?
"The answer is 42!"
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 19:29
Vraag 9: Wat is volgende vir Klopjag?
Johnas sê: Ek sien uit om 10 Jaar se kennis toe te pas in die volgende tien jaar... Ons skryf beter songs as ooit en ek sien baie uit na ons komende vollengte album wat in Junie uitgereik sal word.
Marie sê: 'n Splinternuwe album! Die 10 jaar album met net nuwe songs! (Junie 2012)
Sallas sê: Ons is weer oppad terug golwe toe..... wie weet?
Daaf sê: Ons sal verseker aanhou nuwe musiek maak...
Die Man sê: Nog speel en dan ons 20 jaar show!
Bam sê: Hopelik 'n cd, 'n toer en 'n paar goeie kuiers (basically nóg 10 jaar... ten minste)
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 19:28
Vraag 8: Wat dink jy was die gom wat
die band vir tien jaar kon laat hou
wanneer dit baie raar is vir 'n band?
Johnas sê: Liefde, vriendskap en lojaliteit... En die grootste hiervan is die naïwiteit :)
Marie sê: Vriendskap & liefde vir musiek& hardkoppigheid.
Sallas sê: Die feit dat ons elke keer kon terug swem see toe nadat die groot golwe ons uitgespoel het.
Daaf sê: Ek voel ons het eers goeie vriende geword voordat ons êrenstig begin toer het. Ander bands word saam gestel deur die instrument wat jy kan speel en dan werk die musiek maar jy kan nie mekaar verdra nie...
Die Man sê: Definitief die vriende/familie/fans fondasie van die band en bandlede. Ons kon elke liewe keer op enige van ons vriende en families se knoppies druk en hulle het gespring.
Bam sê: Ons is 'n familie, ken mekaar se dinge rerig amper te goed :)
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 19:27
Vraag 7: Wie was die laaste live show
wat jy gesien het?
Johnas sê: The Black Cat Bones by Steak 'n Ale!
Marie sê: Tori Amos
Sallas sê: Naas Veld in die Sink Shack!
Daaf sê: New Holland het saam met die Dwerge gespeel in Kaapstad. Ek is nog altyd `n groot fan!!
Die Man sê: International – U2| Local – Tuin Dwergies.
Bam sê: U2
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 19:26
Vraag 6: Wat doen jy as jy nie musiek
maak nie?
Johnas sê: Ek verskaf visuele kommunikasie-dienste aan mense en besighede. Web. Video. Print. SM. Hosting.
Marie sê: Ek bestuur n gesondheidskliniek.
Sallas sê: Dreams and schemes, pappa!!!
Daaf sê: Ek is getroud. Ek is die BERG DWERG in DIE TUINDWERGIES. Ek en my vroutjie en my ouers kweek met orgideë. Ons noem onsself OFFICE ORCHIDS.
Die Man sê: Probeer by bly by die 'ever-changing' online tegnologie!
Bam sê: Umm... die boekwinkel?
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 19:25
Vraag 5: Waar wil jy NOOIT OOIT WEER
speel nie?
Johnas sê: Ek wil (en kan gelukkig) nooit weer in Maloney's speel nie. Ek praat nie van die Blou Maloney's nie... Ook nie van die Een wat half "oorgedoen" was nie... Ek praat van die een waar mens, as jy spring, met jou kop en jou kitaar deur die plafon spring! Ek hou nie daarvan om goeie herinneringe met slegte ervarings te verruil nie!
Marie sê: Wiesbaden in Bloemfontein...
Sallas sê: Enige plek waar reuse seuns jou "dwing" om mampoer te drink!
Daaf sê: Ek is jammer om te sê want ek weet daar was altyd baie mense wat ons daar kom kyk het en die eienaar was altyd great mense. Maar die akoestiek van die plek was bitter K@K! ... Back-to-Basics
Die Man sê: NOOIT OOIT WEER is 'n rowwe term! Maar as ek nie weer in Bethal speel nie sal ek nie omgee nie. Mampoer suck!
Bam sê: Back to f*&^n basics, die klank is sleg no matter wat jy doen.
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 18:59
VRAAG 4: Watter band member is die meeste likely om:
A: Om agter die stuur te wees as die band 'n pap wiel kry?
B: Nie te weet wat om te doen as jy 'n pap wiel kry nie?
C: Te staan en raad gee as die ander sukkel om die wiel af te kry?
D: Nuttelose inligting te verskaf op só 'n ongeleë tyd?
Johnas sê:
A: Alhowel hy dalk die minste bestuur, sal die spyker in die pad waarskynlik lê en wag vir MORNé BAM...
B: Ons kan almal, toe-oë, wiele omruil.
C: Bam
D: Verseker Bam!
Marie sê:
A: Sallas want hy bestuur altyd.
B: EK (ML)
C: Bam
D: Werner
Sallas sê:
A: Morne Bam
B: Almal weet, it happend before.
C: Werner
D: Dawie
Daaf sê:
A: Meeste agter die stuur seker Sallas en Daaf, en dan bestuur Johnas...
B: Ek dink almal weet teen die tyd al mooi.
C: Bam
D: Werner
Die Man sê:
A: Johnas en Sallas (Dawie)
B: Marie (Dawie)
C: Bam (Dawie)
D: Werner (Dawie)
Bam sê:
A: Seker maar ek
B: Ek wil net sé ek kan actually 'n wiel omruil, ons het al so baie pap wiele gehad, dink ons kan almal 'n wiel omruil as ons die regte "jack" het.
C: Seker maar weer ek :P
D: Eeermmm... Jonnas?
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 18:58
Vraag 3: Hoe het Klopjag verander in
al hierdie tyd? Het dit enigsins?
Johnas sê: Ek dink ons het besef dat die gehoor/die media/die critici/die "posh"es/die zeffers - al hierdie mense het 'n plek om te kan doen en sê wat hulle wil... Net só het ons ook 'n plek geskep vir onsself waar ons kan wees wat ons wil wees. Ons het ons nog nooit gesteur aan bullshit illusies van wat musikante moet "wees" nie... Ons is Klopjag en ons is trots op wat ons gedoen en jy kan luister as jy wil of nie... Dis fine.
Marie sê: Ek dink ons het beter besigheidsmense geraak. Die industrie het vereis dat ons beter musikante moes word. Ons is beter vriende as wat ons was 10jaar terug. Ons vat meer kanse.
Sallas sê: Soos wat ons gegroei het, het idees en realiteit al hoe nader aan mekaar beweeg.
Daaf sê: Omdat ons ouer geword het en al `n klompie kilo's op die klok het toer ons net bietjie minder. Dit voel nou elke keer soos `n braai by jou beste pêlle. Almal ken mekaar, almal het iets nuuts ervaar weg van mekaar af, en elke nou en dan maak ons weer `n nuwe onvergeetlike aandjie (of m.a.w `n nuwe song)
Die Man sê: Ek dink nie Klopjag(as groep) self het verander nie. Elke been van Klopjag het wel verander. Elke lid het in sy eie wereld verander en gegroei en iets gebring na die Klopjag tafel toe. Maar die oomblik as daar in die studio/practice room/bar as groep bymekaar kom is Klopjag dieselfde.
Bam sê: Buiten vir die ekstra mense wat ons bygekry het (kinders, vrouens en girls) dink ek ons het ge"mature" as 'n band en ons maak nou baie meer musiek om musiek te maak.
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!
by Johnas
6. February 2012 18:57
Vraag 2: Noem 1 hoogtepunt uit 10 Jaar...
Johnas sê: Blue Moon in Nelspruit saam met Karen Zoid en Valiant (die man wat my eerste Afrikaanse song se inspirasie was...)
Marie sê: Ons heel eerste toer!
Sallas sê: Die keer toe Oom Pierre Spies net sy kop kon skud toe Johnas by die kombi inklim oppad lughawe toe vanaf Goudini.
Daaf sê: Wel, ek wou graag na skool eers bietjie oorsee gaan werk, maar toe begin Klopjag. Twee jaar later het ons die 1ste van 3 toere na Engeland gevat!!!
Die Man sê: Daar is biljoene… Klein, groot… Ek dink Aardklop 2007 DVD was nog vir my die grootste.
Bam sê: Die shows in die Aardvark in London.