Klopjag het ontstaan uit die samesmelting van twee groepe. John-Henry en Marie-Louise het mekaar ontmoet tydens 'n Tuks JOOL en het begin musiek maak onder die naam Klopdisselboom nadat John-Henry en later ook Marie-Louise, eers deel was van 'n groep genaamd Lady Selbourne...Sallas en Dawie is broers en het musiek gemaak onder die naam Die Makoujagters. Sallas en John-Henry was saam in Olienhout manskoshuis en die twee groepe het 'n paar konserte gehou by teaterrestaurante in Pretoria. Hulle het op toer gegaan en kort daarna hul eerste gesamentlike optrede gedoen as KLOPJAG op 13 Februarie 2002.
Werner, 'n skoolvriend van Dawie en Morné spot dikwels dat hulle groep: Die Gawe Kêrels die derde duo was wat uiteindelik Klopjag geword het.
Klopjag bestaan uit: