R.I.P. Steak 'n Ale

by Johnas 21. April 2012 11:01
Dit werk mos maar so altyd so: Eers daar waar jy is met dit wat jy moes doen en dan Steakies...

"Ons moet dit asseblief vinnig reël" het ek omtrent so 00:15 se kant vir Bonnie gesê. "Ons sal..." was haar woorde.

Ek en sy het gepraat oor 'n nuwe show datum vir die band nadat ons eers by die Lemon Jack Teater gaan draai het vir 'n ander show.

Oudergewoonte het die partytjie geskuif Steakies toe sonder dat dit regtig nodig was om veel verder te sê oor die saak. Dit werk mos maar altyd so: Eers dáár waar jy is met dít wat jy moes doen, en dan Steakies...

Agt ure later word ek wakker met só foto op Twitter:

Ek kyk, lees, kyk weer en dink aan Diff-Olie se cd met Mitchell's Plein wat ek daar geluister het 'n paar ure van tevore, aan Brinley se painting van Jeff Buckley, aan die flatscreen televisies wat Charlene-hulle ingesit het vir die 2010 sokker, aan DAAI aand toe ek, Daaf, Kabous en Bacchus daar was, ek dink aan die kaggeltjie en die belaglike poker masjien wat my geïriteer het omdat daar so blink ding staan so naby aan waar mens in die winter wil inwurm tot teenaan die vuur en ek dink aan hoe al daai goed nou moertoe is.

R.I.P. Steak 'n Ale.

Ons is jou baie verskuldig en ewig dankbaar...

What a legend.

Tags: , , , ,

Klopjag, Dana Snyman en Feeste...

by Johnas 9. March 2012 13:25
Nou moet ek nog net een ding sê...

Die Woordfees in Stellenbosch wat aangebied word deur die Universiteit Van Stellenbosch is nog altyd een van ons gunsteling feeste.

Dit is die skoothondjie met die groot tande... Die klein dogtertjie met die ys-oë wat jou deurboor.

Ons het net goeie herinneringe van die Woordfees. Van epiese konserte saam met Anton Goosen en Koos Kombuis (asook die Nederlandse fenomeen Spinvis) tot klein en intieme vertonings vir slim, woord-honger mense wat nie omgee of "die kind" 'n baard het of nie - solank hy net iets sê. Ons laaste twee shows by die Dorpstraatteater was weer so. Ons nuwe show saam met Dana Snyman is getiteld HIER HUIL JY NET TWEE KEER en na die afloop van die woordfees, is ons baie opgewonde om ons jongste baba KKNK toe te vat.

Mense vra baie hoe dit gebeur het dat ons en Dana begin saam werk het en ek wens daar was 'n mooi storie met 'n oulike handvatsels waarmee ek kon praat oor die vertelstyl van Dana en die vertelstyl van Klopjag en waarin ek woorde soos "mileue", "desnieteenstaande", "metrum" en "intertekstuele" kon gebruik, maar daar is nie. Die storie klink eintlik só: Ons prokureur en Dana se Prokureur is die selfde mens en hy (Ferdi Hartzenberg) het gesê ons moet saam werk... En 'n mens doen wat jou prokureur sê...

Dis verskillende mediums, desnieteenstaande dink ek dit werk. Ons style vul mekaar goed aan en aangesien ons (Klopjag) en Dana hou van visuele vertellings, is intertekstuele verbintenisse tussen ons werk voor die hand liggend. Die mileue bly maar altyd 'n boodskap.

Baie dankie vir almal wat die sale volgemaak het! Ons sou blykbaar nog twee shows kon hou met almal wat wou kom kyk... Julle bederf ons!

Dankie Woordfees vir administratiewe hemel. Dankie Cultivar Guest Lodge vir 'n hemelbed! Dankie Dana vir alles.

Sien julle by KKNK vanaf 2 tot 6 April

Nou moet ek nog net een ding sê: "Metrum!"

Tags: , , , , , , , ,

Blog | Klopjag10

Klopjag10 in retrospeksie

by Johnas 17. February 2012 12:05
Klopjag was ietwat senuagtig om Klopjag10, 'n viering van 'n dekade-lange projek, op 'n Maandag-aand in die Atterbury teater op die planke te sit. Daar was die vrees dat die saal half-vol (of half-leeg) sou wees ...

Klopjag was ietwat senuagtig om Klopjag10, 'n viering van 'n dekade-lange projek, op 'n Maandag-aand in die Atterbury teater op die planke te sit. Daar was die vrees dat die saal half-vol (of half-leeg) sou wees en bo-en-behalwe dít, dat die veeleisende skedule van die repetering ons sou inhaal in 'n tyd waar ons almal baie bedrywig is in ons professionele lewens weg van Klopjag. Om ses mense se dagboeke te orkestreer is nie maklik nie... Om dit vir 10 Jaar te doen, nou ja...

Maar wanneer ek na hierdie foto kyk weet ek al ons hoop en vrese wat deur die onbekende voorafgegaan word, is in die meeste gevalle klein belaglikhede. Vir 10 Jaar lank het ons, wanneer ons oorweldig gevoel het vir mekaar aangespoor met hierdie woorde: "If you build it, they will come" (Field of Dreams) En ek weet dat as daar net 20 mense by die teater was op 13Feb sou ons nog steeds dieselfde show gegee het en 20 mense sou kon deel in ons vreugde en dankbaarheid. As mens mooi daaroor dink maak dit nie regtig saak nie, maar die feit dat daar 400 mense was wat die mylpaal saam met ons wóú deel, maak my en die res, baie dankbaar.

Ons sien opnuut uit om ons volgende lewensjaar by die horings te pak en as daar 'n groot klip in die pad gerol word te sê:"I see what you did there... Check hierdie move."

Baie dankie almal.

Tags: , , ,

Vraag 10 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:30
Vraag 10: Jou eie vraag - jou eie antwoord...

Vraag 10: Jou eie vraag - jou eie

antwoord...

 Johnas vra:

Wat weet ek nou wat ek nie in 2002 geweet

het nie?

Ek weet nou dat dit baie beter is om 'n paar mense diep te raak met iets wat jy sê, sing of skryf vs. om duisende mense se wenkbroue te lig in die verbygang...

 Marie vra:

Waar is my gunsteling vakansie plek?

Buffelsbaai!

 Sallas vra:

Hoekom wag John-Henry altyd tot op die

nippertjie voor hy emails stuur?
 
Want hy kan!!!! :)

Daaf vra:

Watter Klopjag-huis was die mees

Rock&Roll-ste van die 3?
 
Ek dink die huis in 27 ste Laan was verseker die mees Rock&Rollste van die lot!
1. Daar was `n great view! (Dit was bo teen `n berg).
2. Ons swembad het `n wipplank gehad!
3. Dubbel verdieping huis waarvan ek en Werner ons eie 1ste vloer gehad het!!!
4. Dit het gespook!!!
5. Wembad-Rugby...

  Die Man vra:

Are you gonna eat that?

Nee, regtig.. Gaan jy?

  Bam vra: ...?

"The answer is 42!"

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 9 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:29
Vraag 9: Wat is volgende vir Klopjag?

Vraag 9: Wat is volgende vir Klopjag?

 Johnas sê: Ek sien uit om 10 Jaar se kennis toe te pas in die volgende tien jaar... Ons skryf beter songs as ooit en ek sien baie uit na ons komende vollengte album wat in Junie uitgereik sal word.

 Marie sê:  'n Splinternuwe album! Die 10 jaar album met net nuwe songs! (Junie 2012)

 Sallas sê: Ons is weer oppad terug golwe toe..... wie weet?

Daaf sê: Ons sal verseker aanhou nuwe musiek maak...

  Die Man sê: Nog speel en dan ons 20 jaar show!

  Bam sê: Hopelik 'n cd, 'n toer en 'n paar goeie kuiers (basically nóg 10 jaar... ten minste)

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 8 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:28
Vraag 8: Wat dink jy was die gom wat die band vir tien jaar kon laat hou wanneer dit baie raar is vir 'n groep?

Vraag 8: Wat dink jy was die gom wat

die band vir tien jaar kon laat hou

wanneer dit baie raar is vir 'n band?

 Johnas sê: Liefde, vriendskap en lojaliteit... En die grootste hiervan is die naïwiteit :)

 Marie sê: Vriendskap & liefde vir musiek& hardkoppigheid.

 Sallas sê: Die feit dat ons elke keer kon terug swem see toe nadat die groot golwe ons uitgespoel het.

Daaf sê: Ek voel ons het eers goeie vriende geword voordat ons êrenstig begin toer het. Ander bands word saam gestel deur die instrument wat jy kan speel en dan werk die musiek maar jy kan nie mekaar verdra nie...

  Die Man sê: Definitief die vriende/familie/fans fondasie van die band en bandlede. Ons kon elke liewe keer op enige van ons vriende en families se knoppies druk en hulle het gespring.

  Bam sê: Ons is 'n familie, ken mekaar se dinge rerig amper te goed :)

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 7 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:27
Vraag 7: Wie was die laaste live show wat jy gesien het?

Vraag 7: Wie was die laaste live show

wat jy gesien het?

 Johnas sê: The Black Cat Bones by Steak 'n Ale!

 Marie sê: Tori Amos

 Sallas sê: Naas Veld in die Sink Shack!

Daaf sê: New Holland het saam met die Dwerge gespeel in Kaapstad. Ek is nog altyd `n groot fan!!

  Die Man sê: International – U2| Local – Tuin Dwergies.

  Bam sê: U2

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 6 van 10 ... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:26
Vraag 6: Wat doen jy as jy nie musiek maak nie?

Vraag 6: Wat doen jy as jy nie musiek

maak nie?

 Johnas sê: Ek verskaf visuele kommunikasie-dienste aan mense en besighede. Web. Video. Print. SM. Hosting.

 Marie sê:  Ek bestuur n gesondheidskliniek.

 Sallas sê: Dreams and schemes, pappa!!!

Daaf sê: Ek is getroud. Ek is die BERG DWERG in DIE TUINDWERGIES. Ek en my vroutjie en my ouers kweek met orgideë. Ons noem onsself OFFICE ORCHIDS.

  Die Man sê: Probeer by bly by die 'ever-changing' online tegnologie!

  Bam sê: Umm... die boekwinkel?

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 5 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 19:25
Vraag 5: Waar wil jy NOOIT OOIT WEER speel nie?

Vraag 5: Waar wil jy NOOIT OOIT WEER

speel nie?

 Johnas sê: Ek wil (en kan gelukkig) nooit weer in Maloney's speel nie. Ek praat nie van die Blou Maloney's nie... Ook nie van die Een wat half "oorgedoen" was nie... Ek praat van die een waar mens, as jy spring, met jou kop en jou kitaar deur die plafon spring! Ek hou nie daarvan om goeie herinneringe met slegte ervarings te verruil nie!

 Marie sê: Wiesbaden in Bloemfontein...

 Sallas sê: Enige plek waar reuse seuns jou "dwing" om mampoer te drink!

Daaf sê: Ek is jammer om te sê want ek weet daar was altyd baie mense wat ons daar kom kyk het en die eienaar was altyd great mense. Maar die akoestiek van die plek was bitter K@K! ... Back-to-Basics

  Die Man sê: NOOIT OOIT WEER is 'n rowwe term! Maar as ek nie weer in Bethal speel nie sal ek nie omgee nie. Mampoer suck!

  Bam sê: Back to f*&^n basics, die klank is sleg no matter wat jy doen.

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , ,

Blog | Klopjag10

Vraag 4 van 10... Klopjag10

by Johnas 6. February 2012 18:59
Watter band member is die meete likely om: A: Om agter die stuur te wees as die band 'n pap wiel kry? B: Nie te weet wat om te doen as jy 'n pap wiel kry nie? C: Te staan en Raad gee as die ander sukkel om die wiel af te kry? D: Nuttelose inligting te verskaf op só 'n ongeleë tyd?

VRAAG 4: Watter band member is die meeste likely om:

A: Om agter die stuur te wees as die band 'n pap wiel kry?
B: Nie te weet wat om te doen as jy 'n pap wiel kry nie?
C: Te staan en raad gee as die ander sukkel om die wiel af te kry?
D: Nuttelose inligting te verskaf op só 'n ongeleë tyd?

 Johnas sê:

A: Alhowel hy dalk die minste bestuur, sal die spyker in die pad waarskynlik lê en wag vir MORNé BAM...

B: Ons kan almal, toe-oë, wiele omruil.

C: Bam

D: Verseker Bam!

 Marie sê: 

A: Sallas want hy bestuur altyd.

B: EK (ML)

C: Bam

D: Werner

 Sallas sê: 

A: Morne Bam

B: Almal weet, it happend before.

C: Werner

D: Dawie

Daaf sê:

A: Meeste agter die stuur seker Sallas en Daaf, en dan bestuur Johnas...
 
B: Ek dink almal weet teen die tyd al mooi.
 
C: Bam
 
D: Werner

  Die Man sê:

A: Johnas en Sallas (Dawie)

B: Marie (Dawie)

C: Bam (Dawie)

D: Werner (Dawie)

  Bam sê: 

A: Seker maar ek

B: Ek wil net sé ek kan actually 'n wiel omruil, ons het al so baie pap wiele gehad, dink ons kan almal 'n wiel omruil as ons die regte "jack" het.

C: Seker maar weer ek :P    

D: Eeermmm... Jonnas?

_____________________________________

OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE

KLOPJAG 10

OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.

HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.

MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.

MOET DIT NIE MISLOOP NIE.

_____________________________________

BESPREEK NOU HIER!!!

Tags: , , ,

Blog | Klopjag10

Month List

Page List