by Johnas
6. February 2012 19:30
Vraag 10: Jou eie vraag - jou eie
antwoord...
Johnas vra:
Wat weet ek nou wat ek nie in 2002 geweet
het nie?
Ek weet nou dat dit baie beter is om 'n paar mense diep te raak met iets wat jy sê, sing of skryf vs. om duisende mense se wenkbroue te lig in die verbygang...
Marie vra:
Waar is my gunsteling vakansie plek?
Buffelsbaai!
Sallas vra:
Hoekom wag John-Henry altyd tot op die
nippertjie voor hy emails stuur?
Want hy kan!!!! :)
Daaf vra:
Watter Klopjag-huis was die mees
Rock&Roll-ste van die 3?
Ek dink die huis in 27 ste Laan was verseker die mees Rock&Rollste van die lot!
1. Daar was `n great view! (Dit was bo teen `n berg).
2. Ons swembad het `n wipplank gehad!
3. Dubbel verdieping huis waarvan ek en Werner ons eie 1ste vloer gehad het!!!
4. Dit het gespook!!!
5. Wembad-Rugby...
Die Man vra:
Are you gonna eat that?
Nee, regtig.. Gaan jy?
Bam vra: ...?
"The answer is 42!"
_____________________________________
OP 13 FEB VIER KLOPJAG HUL 10DE VERJAARSDAG OP 'N GROOTSE WYSE WANNEER HULLE
KLOPJAG 10
OPVOER IN DIE ATTERBURY TEATER.
HIERDIE OPVOERING BELOOF OM 'N EMOSIONELE REIS TE WEES VAN HUL MUSIKALE EVOLUSIE EN PERSOONLIKE ONTWIKKELING VANWAAR HUL AS STUDENTE SAAM BEGIN MUSIEK MAAK HET TOT WAAR HULLE VANDAG UITEENLOPENDE BELANGSTELLINGS NAJAAG EN OORKOM.
MET HIERDIE OPVOERING BEDANK KLOPJAG GRAAG HUL BEWONDERAARS VIR 10 JAAR VAN VOLGEHOUE ONDERSTEUNING.
MOET DIT NIE MISLOOP NIE.
_____________________________________
BESPREEK NOU HIER!!!