Klopjag10 in retrospeksie

by Johnas 17. February 2012 12:05
Klopjag was ietwat senuagtig om Klopjag10, 'n viering van 'n dekade-lange projek, op 'n Maandag-aand in die Atterbury teater op die planke te sit. Daar was die vrees dat die saal half-vol (of half-leeg) sou wees ...

Klopjag was ietwat senuagtig om Klopjag10, 'n viering van 'n dekade-lange projek, op 'n Maandag-aand in die Atterbury teater op die planke te sit. Daar was die vrees dat die saal half-vol (of half-leeg) sou wees en bo-en-behalwe dít, dat die veeleisende skedule van die repetering ons sou inhaal in 'n tyd waar ons almal baie bedrywig is in ons professionele lewens weg van Klopjag. Om ses mense se dagboeke te orkestreer is nie maklik nie... Om dit vir 10 Jaar te doen, nou ja...

Maar wanneer ek na hierdie foto kyk weet ek al ons hoop en vrese wat deur die onbekende voorafgegaan word, is in die meeste gevalle klein belaglikhede. Vir 10 Jaar lank het ons, wanneer ons oorweldig gevoel het vir mekaar aangespoor met hierdie woorde: "If you build it, they will come" (Field of Dreams) En ek weet dat as daar net 20 mense by die teater was op 13Feb sou ons nog steeds dieselfde show gegee het en 20 mense sou kon deel in ons vreugde en dankbaarheid. As mens mooi daaroor dink maak dit nie regtig saak nie, maar die feit dat daar 400 mense was wat die mylpaal saam met ons wóú deel, maak my en die res, baie dankbaar.

Ons sien opnuut uit om ons volgende lewensjaar by die horings te pak en as daar 'n groot klip in die pad gerol word te sê:"I see what you did there... Check hierdie move."

 

Baie dankie almal.

 

Tags: , , ,

Add comment

  Country flag

biuquote
  • Comment
  • Preview
Loading

 

Month List

Page List